Oorgrens smokkelary in Noorde kos N$3m July 11, 2025
NamRA sê oorgrens smokkelary vanaf Angola en Zambië het die regering ‘n verlies van 2,8 miljoen Namibiese dollar gekos in 2024. Zambiërs is die grootste sondebokke met goedere ter waarde van 1,8 miljoen dollar waarop beslag gelê is. Goedere van net meer as ‘n miljoen dollar is vanaf Angola gekonfiskeer. NamRA sê goedere sluit in onwettige brandstof, tweede handse voertuie, onderdele, drank, klere en meer. In Kavango Oos sê die polisie goedere sluit kos soos pasta, sigarette, whisky, skoene en brandstof in.