Tien kinders dood na IDF Gaza-kliniek aanvalJuly 11, 2025

Minstens 15 mense waaronder tien kinders is gister dood in ʼn Israelse aanval buite die Amerikaanse Project HOPE-kliniek in Sentraal-Gaza. Die aanval voor die Altayara-kliniek het volgens berigte plaasgevind terwyl mense buitekant gewag het vir behandeling teen wanvoeding, infeksies, chroniese siektes en meer. Die Israelse Weermag sê hy het ʼn Hamas-terroris in sy visier gehad wat deel was van die aanval op 7 Oktober 2023, maar is jammer dat ander individue geraak is.