Nog ‘n gewapende roof by ‘n vulstasieJuly 11, 2025
Nog ‘n gewapende roof het in die hoofstad plaasgevind met die Puma-vulstasie op die hoek van Talstraat en Sam Nujomarylaan wat rondom middernag beroof is. Owerhede bevestig nog besonderhede maar, drie gemaskerde mans, gewapen met haelgewere, het die plek bestorm. Tussen 4 000 en 5 000 Namibiese dollar is gesteel en niemand is in die voorval beseer nie.