LPO en Cirrus voltooi eerste fase van ondersoek na skaapwaardekettingJuly 11, 2025

Die Lewendehawe Produsente-organisasie sê die eerste fase van sy ondersoek na hoe skaapprodusente meer betrokke kan raak by die waardeketting, is voltooi. Cirrus is aangestel om geleenthede vir die boere te ondersoek met die klem op internasionale lamuitvoere. Daar is bevind dat op-die-hoef-uitvoere na Suid-Afrika steeds ‘n top-geleentheid is maar, dat oorafhanklikheid van die mark ‘n risiko is. Daar is ‘n behoefte om toegang tot internasionale markte te verkry, veral na die EU. Geleenthede sluit in die moontlikheid vir produsente om aandele in Farmers Meat Market te verkry met die abattoir wat 120 000 verslagtings jaarliks wil voltooi en uitvoer. Die LPO sê die abattoir is bereid om saam met Cirrus ondersoek in te stel na geleenthede.