2025 Mynbou-ekspo heeltemal uitverkoopJuly 11, 2025

Die uitvoerende hoof van die Kamer van Mynwese, Veston Malango, het aangekondig dat vanjaar se Mynbou-ekspo en Konferensie heeltemal uitverkoop is. Hy het by ‘n perskonferensie in die hoofstad gesê meer as 180 uitstallers 320 stalletjies sal beset. Verlede jaar het die ekspo 7 831 besoekers gelok na 196 uitstallers in 313 stalletjies. Die skou is geskeduleer vir 5 tot 7 Augustus by die Windhoek skougronde en toegang vir die publiek is gratis. Vanjaar se tema is “Mynbou vir Namibië se toekoms: werkskepping, plaaslike bemagtiging en ekonomiese transformasie.”