Omstrede Chris Brown pleit onskuldig op meer aanklagteJuly 11, 2025

Die Amerikaanse R&B-sanger Chris Brown het onskuldig gepleit op verdere aanklagte wat voortspruit uit ‘n beweerde Londense nagklub-bakleiery in 2023. Die sanger is tans op ‘n internasionale toer en sy aanhangers het die openbare gallery in die Southwark-hof in Londen volgepak. Brown, wat in ‘n ingewikkelde verhouding met die sangeres Rihanna was, het ná die verhoor na sy aanhangers gekyk en vir hulle ‘n soen gewaai. Brown, wat uit is op borgtog van 120-miljoen Namibiese dollar, was in Mei byna ‘n week in die tronk voor hy vrygelaat is.