Hoës sit koppe bymekaar oor groenwaterstofJuly 12, 2025
‘n Hoëvlak-groenbeleggingsdialoog, wat parlementslede en energieleiers van ses Afrikalande bymekaarbring, word tans in Walvisbaai gehou. Die dialoog wat môre eindig, ondersoek die rol van groenwaterstof in Afrika se toekomstige energie- en nywerheidslandskap. Jona Musheko van die Groenwaterstofprogram in Namibië sê die dialoog kyk na maniere om klimaatfinansiering vir groen energiesones en deurgange regdeur die vasteland te versnel: