Wetsontwerp oor grond kom in September July 12, 2025
Landbouminister Inge Zaamwani het vandeesweek ‘n mosie in die parlement ingedien om in September vanjaar ‘n omvattende wetsontwerp oor grondbestuur ter tafel te lê. Die wetsontwerp sal onder meer voorsiening maak vir die stigting van kommunale grondrade en ‘n ontwikkelingsfonds vir kommunale grond. Dit sal ook grondverkryging en –vervreemding deur die regering uiteensit. Voorst sal die wetsontwerp die verkryging van kommersiële grond deur buitelanders verwerp en die huur daarvan deur buitelanders reguleer.