Rugby: Namibië pak Algerië vandagJuly 13, 2025

Namibië draf vandag in Kampala, Uganda in die semi-finaal van die Rugby Afrikabeker teen Algerië uit. Prince !Gaoseb voer die manne aan, terwyl Danco Burger die span se onderkaptein is. Die wedstryd begin om een-uur Namibiese tyd en word regstreeks op die Facebook-blad van Rugby Afrique uitgesaai. Afrigter Jacques Burger het met Rugby Africa gepraat oor dié wedstryd en die Namibiese span se strewe om vir die sewende opeenvolgende keer vir die Rugbywêreldbeker in 2027 in Australië te kwalifiseer: