Noord-Korea staan bankvas agter Rusland, sê Un July 13, 2025
Die Noord-Koreaanse leier Kim Jong Un het die land se onvoorwaardelike steun aan Rusland in sy oorlog teen Oekraïne beloof, berig staatsmedia in dié land. Un het met Rusland se minister van buitelandse sake, Sergey Lavrov, ontmoet, wat op ‘n driedaagse besoek aan Noord-Korea is. Noord-Korea verskaf reeds troepe en wapens aan Rusland. Dié twee lande, wat beide swaar onder sanksies gebuk gaan, het verlede jaar ‘n militêre ooreenkoms gesluit wat ‘n wedersydse verdedigingsklousule insluit.