Oliesoektog laat buitelandse geld vloei July 13, 2025

Beduidend meer buitelandse beleggings het in die eerste kwartaal vanjaar na Namibië gevloei, aangevuur deur veral die soeke na olie. Volgens die Bank van Namibië se jongste ekonomiese verslag het direkte buitelandse beleggings in die eerste drie maande van vanjaar sowat 13,9 miljard Namibiese dollar beloop, bykans 29 persent meer as die vorige kwartaal en 14,5 persent hoër as die ooreenstemmende kwartaal in 2024. Die sentrale bank sê die kwartaal onder oorsig is onder meer gekenmerk deur vars kapitaalinspuitings in olie-eksplorasie.