Ramaphosa vestig regterlike kommissie, plaas Mchunu op verlofJuly 14, 2025
President Cyril Ramaphosa het die vestiging van ‘n regterlike kommissie van ondersoek aangekondig om bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi te ondersoek. Hy het bewerings gemaak teen senior wetstoepassingsbeamptes en die polisieminister Senzo Mchunu. Waarnemende adjunkhoofregter Mbuyiseli Madlanga sal die ondersoek lei. Ramaphosa sê die kommissie sal bewerings ondersoek wat verband hou met misdaadsindikate se infiltrasie van wetstoepassing, intelligensie en verwante instellings binne die strafregstelsel:
Ramaphosa het die minister van Polisie, Senzo Mchunu, met onmiddellike ingang op verlof geplaas. Professor Firoz Cachalia van die Universiteit van die Witwatersrand is as waarnemende minister van Polisie aangestel.