11 vas vir dwelmsJuly 14, 2025

Elf mense is die naweek in dwelmverwante voorvalle in hegtenis geneem. Twee Zambiërs en een Namibiër verskyn vandag in die hof ná hulle Vrydagaand by die Kamenga-grenspos deur die polisie vasgetrek is met twee sakke dagga van 60 kg elk in hul besit. In die Oshikoto-streek is ‘n man in hegtenis geneem ná ses daggaplantjies in die tuin agter sy huis gevind is. Twee jong mans is Vrydag gearresteer ná hulle glo sonder toestemming in die Osire-vlugtelingkamp naby Otjiwarongo was en drie ‘bankies’ dagga in hul besit was. Ander onverwante dwelmsake is op Ruacana, Rehoboth, Tsumeb en Swakopmund geopen. Dwelms wat betrokke was, is dagga, Mandrax en crack kokaïen.