Amper 5 miljoen kubiek in een week uit damme onttrekJuly 15, 2025

Daar word uiters ruim gebruik aan die land se waterbronne met amper 760 000 kubiek wat in ‘n week uit die drie sentrale damme onttrek is, met 4 miljoen kubiek wat uit Hardap, Naute en Neckartal gepomp is. Die drie sentrale damme het tans bronne van 79,2 persent. In die suide staan Hardap op 70,5 persent met Naute op amper 96 persent. Neckartal is op 98,3 persent en Oanob by Rehoboth is op 72,2 persent. Die ooste se bronne is op 31,5 persent met Otjivero op 51,4 persent.