SAOG-span vind tekortkominge tydens verkiesing July 15, 2025

Die finale verslag van die SAOG se Verkiesings Waarnemingspan rakende die chaotiese November verkiesings is gepubliseer. Terwyl die stemmery vreedsaam was is erge tekortkominge in logistiek en administrasie deur die verkiesingskommissie waargeneem. Die span sê dit kan vertroue in die land se demokratiese prosesse ondermyn. Die grootste uitdaging was die tekort aan stembriewe by talle stemlokale. Die werwing van personeel was ook te laat begin en die kommissie se stemlokale was nie gemaklik geposisioneer nie.