Opul-hoof sê Namibië kan moontlik aansluitJuly 15, 2025
Namibië kan moontlik in die toekoms by die Organisasie van Petroleumuitvoerlande, bekend as Opul, aansluit. Volgens Namibia Mining and Energy het die Opul-sekretaris-generaal Haitham al-Ghais gesê die organisasie is in gesprek met verskeie Afrikalande oor moontlike lidmaatskap en Namibië is een van die land wat potensiaal het. Die land sal moet voldoen aan die nodige kriteria wat insluit dat hy ooreenstem met Opul se doelwitte en ‘n olie-uitvoerder word. Hy het met die Russiese nuusagentskap Tass gepraat.