Voëlgriep onder die loep by dringende vergaderingJuly 15, 2025
Die Pluimveeprodusentevereniging het ’n dringende vergadering belê om Namibië se voëlgriepbeheer en -monitering te versterk. Voëlgriep is volgens die vereniging ’n ernstige streek- en wêreldbedreiging. Die vergadering vind môre om twee-uur by die Namibië Landbou-unie se raadsaal in Windhoek plaas. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter van die vereniging, Louis Kleynhans gesels.