Nasria teken sterkste prestasie nog, aanJuly 16, 2025

Die Namibië Spesiale Risiko-versekeringsvereniging, Nasria, het sy sterkste finansiële prestasie ooit aangeteken. Totale bates het in 2024 tot 869 miljoen Namibiese dollar gestyg, met ‘n netto wins wat die 100 miljoen dollar-kerf vir die eerste keer oorskry het. Dit is volgens besturende direkteur John Uusiku, wat tydens die Makelaars-toekennings die 2024 finansiële jaar as ‘n historiese mylpaal beskryf het. Hy het bygevoeg dat dividende aan die enigste aandeelhouer, die regering, uitbetaal is. Versekeringsinkomste het met 6 persent gestyg van 79 miljoen dollar in 2023 tot 84 miljoen dollar in 2024, wat grotendeels gedryf is deur beleidsvernuwings en nuwe verkrygings. Uusiku sê Nasria se beleggingsinkomste vir 2024 het vir die eerste keer gelykgestaan aan sy bruto geskrewe premies, ‘n seldsame prestasie in die plaaslike versekeringsmark.