Namcor: ACC op soek na Malima, sê hy is in AngolaJuly 16, 2025

Die Teenkorrupsie-kommissie het ‘n lasbrief vir inhegtenisname vir Namcor-korrupsieverdagte Victor Malima bevestig. Malima is die eienaar van Eco Fuels en voormalige besturende direkteur van Enercon, wat met die Namcor-bedrogskandaal verbind word. Kosmos 94.1 Nuus het met die kommissie se woordvoerder, Josephine Nghituwamata gepraat, wat sê hy is vermoedelik in Angola.

borgverhoor duur vandag in die Windhoek-landdroshof vir nege beskuldigdes in die Namcor-bedrogspul voort.