6,2 miljoen onveilige aborsies jaarliks in SAOGJuly 16, 2025

Onveilige aborsies in SAOG-lidlande bly ‘n wesenlike uitdaging met 6,2 miljoen gevalle wat jaarliks plaasvind en ongeveer 77 persent van totale aborsies uitmaak. Steeksaktiviste vra nou vir ‘n SAOG riglyn oor veilige aborsies. Daar is ook kommer oor toegang tot voorbehoedmiddels met toegang vir meisies tussen 15 en 19 wat tussen 10 tot 24 persent beraam word. Vroeë onbedoelde swangerskappe word ook deur seksuele geweld veroorsaak. Die riglyn moet volgens aktiviste aborsiewette oor die streek harmoniseer.