Kelp Blue oes meer as 200 tonJuly 16, 2025

Kelp Blue het vanjaar meer as 200 ton kelp geoes by Lüderitz. Die maatskappy het ‘n 15-jaar kommersiële lisensie om reuse-kelp (Macrocystis pyrifera) oor 6 400 hektaar te kweek. The  Brief berig die uitvoerende hoof, Daniel Hooft, sê die oesmetode fokus op langtermyn volhoubaarheid deur slegs die bokant van die kelp te snoei om gesonde hergroei te verseker, koolstof vas te lê en mariene biodiversiteit te bevorder. Hy sê die aangeplante kelpwoude het reeds beduidende ekologiese verbeterings getoon met drie- tot viervoudige biodiversiteitsverhogings wat aangeteken is.