Rusland blyk om hom nie veel aan Trump se steur nieJuly 16, 2025

Die minister van Buitelandse Sake van Rusland sê hy is seker dat Moskou enige nuwe sanksies vanuit Amerika sal kan hanteer. Sergei Lavrov het tydens ‘n vergadering by die Shanghai-organisasie in China, gesê Rusland sal graag wil sien wat agter Trump se verklarings skuil. Hy sê dit is nou 50 dae, maar dit was ook al 24 uur, terwyl daar voorheen ook van 100 dae gepraat is. Die Russiese minister het ook gesê hy verstaan dat daar reuse-druk deur die EU en die Navo-leierskap op die VSA uitgeoefen word.