Vyf misdadige migrante vanaf VSA na Eswatini vanoggend gedeporteerJuly 16, 2025

Die Amerikaanse departement van binnelandse veiligheid sê sy derde deportasievlug met immigrante uit verskillende lande het vandag in Eswatini geland. Dit kom na die hooggeregshof se opheffing van perke op die deportasie van migrante na derde lande. Departementele woordvoerder Tricia McLaughlin het op X gesê die vlug het individue so uniek barbaars, dat hul tuislande geweier het om hulle terug te neem, vervoer. Vyf mans van Viëtnam, Jamaika, Laos, Kuba en Jemen wat in die VSA skuldig bevind is aan misdade wat wissel van kinderverkragting tot moord is gedeporteer.