Hengari se borgaansoek tot 21 Julie uitgestelJuly 17, 2025

Oud-landbouminister Mac Hengari se formele borgaansoek is uitgestel tot 21 Julie om die pas aangestelde regsman van sy medebeskuldigde, Nafimane Halweendo ’n geleentheid te gee om vertroud te raak met die feite van die saak. Die paartjie staan tereg vir onder andere regsverydeling en omkopery. Hengari wou glo 230 000 Namibiese dollar aan die 21-jarige vrou wat hom van verkragting beskuldig het betaal, vermoedelik dat sy klagtes teen hom terugtrek. Die medebeskuldigde is die vrou se broer. Die twee is sedert 26 April agter tralies op ‘n klag van regsverydeling.