Besige week voor Sutherland en Ashman by span in Australië aansluitJuly 17, 2025
Dit gaan ‘n besige twee weke wees vir twee Skotse spelers wat eers hul land gaan verteenwoordig voor hulle by die Britse en Ierse Leeus in Australië aansluit. Die loskopstut, Rory Sutherland en haker, Ewan Ashman is in Gregor Townsend se groep ingesluit vir Skotland se toets more teen Samoa in Auckland, Nieu-Seeland, waarna hulle na Melbourne sal reis vir die Leeus se wedstryd, Dinsdag teen die First Nations-Pasifika span. Townsend het Skotland se span met vyf nuwe spelers in sy opdraf-vyftiental versterk na verlede naweek se nederlaag teen Fidji.