Buitelanders agter tralies aan die kusJuly 18, 2025
Die Erongo-polisie het twee suksesse aangemeld. In die eerste geval op Swakopmund is ‘n Duitser met permanente verblyf in besit van ‘n likkewaan, wat in sy klerekas gevind is, en ‘n luiperd-skilpad, in sy tuin, gevind, sonder die nodige permitte. Die 68-jarige man sal vandag in die hof verskyn. Op Walvisbaai is ‘n 54-jarige Zimbabwiese vrou gearresteer na sy gevang is waar sy onwettig handel met sigarette voer. ‘n Totaal van 55 kartonne sigarette, almal ongeregistreerde handelsmerke is gekonfiskeer.