Finansiële inklusiwiteit-opname komJuly 18, 2025
Die Namibiese Statistieke-agentskap, in samewerking met die Bank van Namibië, sê Namibiese Finansiële Insluitingsopname loodsprojek begin volgende week. ‘n Loodsopname is ‘n klein opname met die doel om die data-insamelingsinstrumente, veldprosedures en die algehele metodologie voor die hoofopname te toets. Dit sal van 21 Julie tot 3 Augustus duur en slegs die Khomas-streek dek, spesifiek in die kiesafdelings Windhoek-Oos en Windhoek Landelik. Die opname het ten doel om onder andere, vlakke van finansiële insluiting te meet, die landskap van toegang te beskryf wat produkte en dienste insluit en om hindernisse te bepaal.