Van Wyk v Boulter-saak kry momentumJuly 18, 2025
Die saak waar Alta van Wyk, die weduwee van Gerhard van Wyk wat in Februarie 2021 dood is na ‘n skietvoorval waarvoor die Britse miljardêr Harvey Boulter vir moord aangekla word, miljoene eis vir skadevergoeding van Boulter, kom vandag voor vir ‘n voorverhoor konferensie. Die kwessies wat in die hofsaak hanteer word is in Junie bepaal en dit word vandag aan regter Orben Sibeya voorglê. Van Wyk en haar kinders dagvaar vir reuse-bedrae wat die verlies aan inkomste en meer insluit.