Digitalisering, innovering onder die loepJuly 18, 2025
‘n Nasionale Digitale Geregtigheidstaakmag is gestig om die ontwikkeling van Namibië se Geïntegreerde Elektroniese Saakbestuur- en Inligtingstelsel te dryf. Die taakmag staan onder leiding van hoofregter Peter Shivute, en sluit sleutelverteenwoordigers van die regsektor in. Shivute het tydens die Nasionale Konferensie oor Regterlike Innovasie gesê samewerking is noodsaaklik om die sukses van die stelsel te verseker.