Groot mosiehof-rol vanoggend, 91 aansoekeJuly 18, 2025
Regters Nate Ndauendapo en Doris Ambunda het vandag 91 aansoeke vir verstekvonnisse in die mosiehof hanteer met 10 op die reël 108-rol. Kommersiële banke het 34 van die aansoeke gebring. Die banke eis 19 eiendomme met uitstaande skuld van 16 miljoen Namibiese dollar op sowel as 15 lenings met ‘n skuldlas van 12,5 miljoen dollar. In Maandag se sessie hanteer Ndauendapo 59 onverdedigde egskeidings.