Bergfiets veldry-kampioenskappe die naweek by TowerbosJuly 18, 2025
Die 2025 Nedbank Namibië Bergfiets XCC, XCO en veldry-kampioenskappe vind môre en Sondag by die Towerbos-roetes plaas. Die veldry Olimpiese, of XCO-wedren vind môre plaas, terwyl die fietsryers Sondag deelneem aan die veldry-kortbaan of XCC en elektriese veldry of E-XC kompetisies. Die Nasionale Bergfietskampioenskappe is ‘n belangrike komponent van die Namibiese fietsrykalender, aangesien deelnemers internasionale punte kan insamel. Dit is noodsaaklik vir die globale rangordes en om vir internasionale byeenkomste soos die Olimpiese Spele te kwalifiseer. Die aksie begin op beide dae om 9-uur met die heel junior kategorië, gevolg deur die jeug en veterane kompetisies om 10-uur. Die elite mans- en vroue-fietsryers en die Onder-23s jaag vanaf 11-uur.