KZN gaan seiljagte vervaardig July 19, 2025
Die Vereniging van Staatsamptenare verwelkom die belegging van 500 miljoen rand in seiljagvervaardiging in KwaZulu-Natal en sê dit is ‘n hupstoot vir ekonomiese groei en ‘n dryfveer vir innovering in die blou ekonomie. Die vakbond bepleit die skepping van ‘n mariene-innoveringsentrum vir plaaslike universiteite en kolleges, gefokus op vaardigheidsontwikkeling en jeugbemagtiging. Mlungisi Ndlovu van die vakbond belowe om die projek noukeurig te monitor om te verseker dit bevoordeel gemeenskappe en verryk nie net ‘n paar uitgesoektes nie.