Israel, Sirië bereik skietstilstandJuly 19, 2025
Israel en Sirië het ‘n skietstilstand bereik, wat deur Turkye, Jordanië en ander ondersteun word. Amerika se ambassadeur in Turkye, Tom Barrack, het dié nuus in ‘n plasing op X aangekondig. Volgens die Verenigde nasies is bykans 80 000 mense in die suide van Sirië ontwortel en honderde dood sedert geweld sowat ‘n week gelede in die streek uitgebreek het.