Namcor-borgaansoek na Maandag uitgestelJuly 19, 2025

Die borgaansoek van agt van die nege beskuldigdes in die Namcor-korrupsiesaak hervat weer Maandag. Die aansoek is Vrydag uitgestel ná staatsadvokaat Basson Lilungwe die hof ingelig het dat hy ongesteld was. Sakeman Malakia Elindi, een van die beskuldigdes, sal Maandag sy getuienis in die borgaansoek voortsit.