AfDB: Namibië kort meer hervormingJuly 19, 2025

Namibië benodig groter hervormings van kapitaalmobilisering en doeltreffende regeringsbesteding om die land se makro-ekonomiese stabiliteit te verseker, sê die Afrika Ontwikkelingsbank (AfDB). Die bank het vandeesweek sy fokusverslag oor Namibië vrygestel en sê hoewel daar tekens van verbeterings is, staar die land steeds hoë fiskale risiko’s en strukturele ondoeltreffendhede in die gesig wat die groei van die private sektor en langtermyn-ontwikkeling bedreig. Die bank het ook die regering se voortgesette begrotingstekorte en stygende skuldvlakke uitgelig.