Trump dagvaar Wall Street en kie vir milljardeJuly 19, 2025

President Donald Trump het ‘n lastersaak aanhangig gemaak teen die uitgewer van die Wall Street Journal en verslaggewers wat ‘n storie geskryf het oor ‘n versameling briewe wat aan wyle seksoortreder Jeffrey Epstein vir sy 50ste verjaardag in 2003 geskenk is, insluitend ‘n briefie met Trump se naam en ‘n buitelyn van ‘n naakte vrou. Die regsgeding, wat ten minste 20 miljard Amerikaanse dollar eis, is ‘n buitengewone eskalasie van Trump se voortgesette regsveldtog teen mediamaatskappye wat hy as teenstanders beskou. Trump het ontken dat hy die nota geskryf het. Regskundiges wat deur CNN geraadpleeg is, het gesê hulle kan geen vorige gevalle onthou waar ‘n dienende president ‘n nuusagentskap oor ‘n storie gedagvaar het nie.