‘SA kan geweldskrisis nie langer ignoreer’July 20, 2025

Die GOOD-party sê Suid-Afrika het ‘n misdaad-, bende- en geweldskrisis wat gemeenskappe terroriseer. Die party sê die massaskietery by ‘n sjebien in die Shoba-informele nedersetting in Olievehoutbosch, Centurion, waarin vyf mense dood is, is vernietigend. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê Suid-Afrika kan nie die patroon wat na vore kom, ignoreer nie. Die massaskietery kom meestal voor in apartheidstownships waar mense gedwing word om in krottoestande te leef: