Erongo se toerismesektor herstel goedJuly 21, 2025

Die herstelplan vir Namibië se toerismesektor na Covid is suksesvol in Erongo in werking gestel, sê streeksgoewerneur Natalia /Goagoses. Sy sê die toerismesektor toon ‘n beduidende oplewing ná die wêreldwye insinking wat deur die pandemie veroorsaak is. Kamerbesetting in Namibië deur plaaslike, streek- en internasionale toeriste het tot 60 persent gestyg.