WFP kritiseer Gaza-skieteryJuly 21, 2025
Die Wêreldvoedselprogram sê geweld teen burgerlikes wat hulp soek is onaanvaarbaar. Volgens berigte het die Israelse weermag gister 67 mense doodgeskiet terwyl hulle in die noorde van Gaza op hulpvragmotors van die Verenigde Nasies gewag het. Die voedselprogram sê die voorval het plaasgevind ten spyte van Israelse owerhede se versekering dat humanitêre operasies sal verbeter en gewapende magte nie teenwoordig sal wees op humanitêre konvooie se roetes nie. Hy sê alle burgerlikes en hulpwerkers wat lewensnoodsaaklike hulp verleen, moet beskerm word.