Vrou vas vir mensehandel, verskyn vandagJuly 21, 2025
‘n Namibiese vrou verskyn vandag op ‘n klag van mensehandel in die hof op Katima Mulilo. Sy is Vrydag in hegtenis geneem ná klagtes dat sy ‘n 11-jarige meisie van Zambië mishandel het. Die kind werk glo sedert Februarie vanjaar vir die verdagte. Sy sou haar glo 500 Namibiese dollar per maand betaal het, maar die kind het nooit enige vergoeding ontvang nie. Die kind is in veilige bewaring. Die polisie verwag verdere arrestasies soos wat die ondersoek vorder.