Osire-vlugteling brand doodJuly 21, 2025
‘n Vrou in die Osire-vlugtelingkamp het Sondagoggend vermoedelik aan brandwonde beswyk toe sy probeer het om haarself by ‘n tuisgemaakte stoof te stoom en die kombers waarmee sy haar kop en bolyf bedek het, aan die brand geslaan het. Haar tienjarige seun het haar krete gehoor en die vuur met water geblus. Die vrou het egter geen tekens van lewe meer getoon nie. ‘n Nadoodse-ondersoek sal uitgevoer word, maar die polisie vermoed geen vuilspel nie.