Ses moorde oor die naweek aangetekenJuly 21, 2025
Ses mense is die naweek in verskillende voorvalle in die land vermoor. In die Okahao-kiesafdeling is ‘n 64-jarige vrou Vrydag buite ‘n cuca-winkel dood ná ‘n jong man haar glo sonder rede met ‘n bierkrat oor die kop geslaan het. Op Rehoboth is ‘n man Saterdag dood ná hy en ‘n vriend in ‘n bakleiery met twee onbekende mans was. Die slagoffer is met ‘n knopkierie oor die kop en op sy lyf geslaan. Hy het ná die voorval van erge hoofpyn gekla, waarna sy vriend hom pynpille gegee het en aangebied het dat hy by hom oorslaap. Die vriend het sy lewelose liggaam die volgende oggend in die kamer ontdek en die polisie ingelig. In die ander, onverwante, moorde die naweek is slagoffers aan steekwonde dood.