Hengari sê sy beweerde ‘slagoffer’ moet agter tralies weesJuly 22, 2025

Voormalige landbouminister Mac Hengari en sy medebeskuldigde, se borgtog-aansoek in die Windhoek laerhof duur voort. Hengari het Maandag onder kruisondervraging deur die Staat gesê dis nie hy wat agter tralies moet wees nie, maar die vrou wat hy na bewering verkrag het. Hy het aangevoer dat sy in die tronk moet wees omdat sy hom gebel het om ‘n ontmoeting te reël en betaling te eis terwyl sy onder polisie-waarneming was. Hengari het vroeër getuig dat sy inhegtenisname deel van ‘n lokval was. Hy is sedert 26 April in aanhouding op ‘n klag van regsverydeling.