Damme: 5,6 miljoen kubiek in een week benutJuly 22, 2025
Die jongste dambulletin toon dat amper 5,6 miljoen kubiek in die afgelope week uit die land se damme onttrek is. In die sentrale gebied is 1,1 miljoen kubiek onttrek en bronne staan op 78,4 persent. Meer as 1,8 miljoen kubiek is uit Hardap onttrek en die dam is tans 69,9 persent vol. In die Suide is net meer as 3,6 miljoen kubiek benut met ‘n miljoen wat uit Neckartal gepomp is vir die boere onder die damwal. Bronne is op 89,9 persent. In die Ooste is water spaarsamig gebruik net en 53 000 kubiek is benut. Bronne staan op 31,2 persent.