Stamspanning vlam op by OtjineneJuly 22, 2025

Stamspanning het op Otjinene in Omaheke opgevlam. Lede van die Ovaherero informele handelaars by die nedersetting se mark het die stalletjies van Owambo en Ovazemba handelaars brand gesteek. Volgens wat berig word is dit na ‘n 29-jarige Ovaherero man, Tjijandjeua Herunga, Vrydag dood is na ‘n bakleiery met vyf Owambo mans. Hy is volgens ooggetuies aangeval met pangas en messe. Die vyf is reeds gearresteer. Die gemeenskap is blykbaar kwaad omdat dit nie die eerste keer is dat ‘n sterfgeval onder sulke omstandighede plaasvind nie.