Vakbondleier meer opgewonde oor olie self, as produksieJuly 22, 2025

Reaksie word ontvang op berigte dat Shell hom daartoe verbind het om van eksplorasie na olieproduksie in Namibië oor te skakel. Die regering het reeds ‘n geruime tyd gesprekke met buurlande gevoer oor ‘n moontlike raffinadery. Die tipe produksie sal stroomaf werksgeleenthede bied en Kosmos 94.1 Nuus het met die sekretaris-generaal van die Nasionale Unie van Namibiese Werkers, Job Muniaro gesels. Hy is meer positief oor die impak van die olie self.