Rekords oor Luther King se sluipmoord vrygestelJuly 22, 2025
Die Amerikaanse president, Donald Trump, se administrasie het meer as 200 000 bladsye met inligting oor die sluipmoord op die menseregte-aktivis Martin Luther King Junior vrygestel. Hy is op 4 April 1968 op 39-jarige leeftyd in Memphis doodgeskiet. Die rekords wat sedert 1977 volgens ʼn hofbevel verseël is, sluit FBI-lêers en leidrade in wat ná King se dood ontvang is. Die vermoorde Nobelpryswenner se familie, insluitend sy twee kinders, vra diegene wat by die vrystelling van hierdie lêers betrokke is, om dit met empatie, selfbeheersing en respek te doen.