Sankwasa gee Katima tot VrydagJuly 23, 2025

Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, het die raadslede van die Katima Mulilo-stadsraad tot Vrydag gegee om redes te verskaf oor waarom hulle nie geskors of afgedank moet word nie. New Era berig hy is in besit van die brief, gedateer 22 Julie. Dit volg op sy amptelike besoek aan die raad, waar hy blykbaar ‘n magdom beweerde onreëlmatighede rondom die ruil van grond vir voertuie en fietse, sowel as arbeidskwessies wat deur werknemers geopper is, ontdek het.