Namcor: Imms sê Enercon het met filiaal sake gedoenJuly 23, 2025

Namcor se oud-besturende direkteur, Immanuel Mulunga, getuig vandag in die uitgerekte borgaansoek in die Windhoek-laerhof. Hy sê Namcor het geen direkte sakeverhouding met Enercon, die maatskappy wat deur die Elindi-broers besit word, gehad het nie en dat die maatskappy met ‘n Namcor-filiaal Namcor Petroleum Trading and Distribution, gewerk het en dat die ooreenkoms bestaan het vir die aankoop van petroleumprodukte. Hy voeg by dat sy dienskontrak hom die magtiging gegee het om eksterne belanghebberverhoudinge te bestuur. Mulunga word daarvan beskuldig dat hy betalings aan Enercon buite die finansiële perke van sy posisie gemagtig het. Mulunga is daarna deur die direksie ontslaan, nadat hy deur ‘n onafhanklike verhoorkomitee vrygespreek is.