Afrika-perdesiekte: Beperkings in sommige gebiede opgehefJuly 23, 2025
Die landbouministerie se veeartsenydiens het alle beperkings vir die beweging van perde en donkies rakende Afrika-perdesiekte is vir Otjinene, Windhoek, Okahandja, Omaruru, Gobabis en Mariental opgehef. Die diens sê verder dat perderesies kan hervat mits die diere teen die siekte ingeënt is. Verder mag geen perde van lande waar die siekte aktief is, ingevoer word nie. Eienaars word herinner dat die vervoer van perde en donkies binne die land ‘n permit nodig het en diere moet tussen 1 Junie en 31 Oktober jaarliks ingeënt word.